Friday, August 12, 2016
DIE GROENDEUR
Agter die groendeur
Skuil die hartseer van die verlede
Skuil die trane wat nooit gestort is nie
Skuil die liefde wat nooit beantwoord is nie
Vandag maak ek die deur oop
Soos Pandora se boks van oud
Sodat alles kan uitvlieg
Die hartseer oor jou hand nie meer in myne is nie
En die verwerping deur al my vriende
En die verlies aan al my geliefdes
Want ek maak plek vir n nuwe begin
‘n kamer vol sonskyn
‘n kamer vol liefde
‘n kamer ontvou deur geluk
Want die verlede is weg
En die toekoms hou nuwe dinge vir my in
MINA MEISS
Mina Meiss ‘n koningin sonner kroon
Disse antie sonner ‘n bang haar op haar toon;
Dissie antie wat almal help in hul nood
Sy sal jou bystaan tot die dood
‘n Vrou wat die lewe ken in al sy moed
Sy is die een wat ons met haar wysheid voed
As die noodvuur op sy grootste brand
Bied sy altyd eerste haar hand
Sy issie dood nie maar sy is n engel’
Iemand wat jou lewe sal vervul
Sy issie hard nie maar sy is n rots
Iemand na wie ek kan opkyk met trots
Vir ‘n beter ouma kon ek nie vra
En is dankbaar dat sy my in haar hart dra
EENDAG
Eendag as ek groot is
Sal ek alles verstaan
Sal ek weet hoekom jy moes gaan
Sal my trane opdroog en ek nie meer ween
Sal ek besef jy was net aan my geleen
Sal ek besef dat jy steed ‘n invloed in my lewe is
Eendag as ek groot is
Sal ek ophou kwel oor die dinge wat ek nie kan verander nie
Sal ek ophou wonder wat ek anders kon doen
Sal ek besef wat die doel van alles is
Eendag as ek groot is
Sal ek besef dat ons almal n rol het om te speel
Sal ek besef om ‘n held te wees was jou deel
Sal ek besef wat totsiens is.
Maar nou wens ek ek kon jou vashou
en jou se hoe lief ek jou het.
Maar nou wens ek ek kon jou vashou
en jou se hoe lief ek jou het.
Die Monster in Ons
In elkeen van ons skuil ‘n donker monster
Wat enige tyd sy kop kan uitsteek
Wat sommer uitspring by die venster
Wat hom nie laat stop deur ‘n gepreek
Maar agter die monster staan ‘n engel
Wat hom in sy mag verstrengel
Sodat die lig uit ons skyn
Sonder ‘n glasie wyn
‘n Ewige stryd wat altyd in ons woed
Maar die wenner is altyd goed
Die uiteinde van wie jy is
Is die resultaat van daardie getwis
So neem tyd en kyk in jou siel
Sodat die donker monster jou nie verniel
HARTEDIEF
Soos ‘n dief in die nag
Het jy saggies in my hart kom skuil
Elke keer as jy lag
Val ek al dieper in jou mag’
Het jy saggies in my hart kom skuil
Het jy vir my ‘n liefdesstrik gestel
Maar tog sal ek jou vir niks verruil
Ek is 100% onder jou spel
Het jy vir my n liefdesstrik gestel
En ek het halsoorkop vir dit geval
Ek is 100% onder jou spel
Want oor jou is ek mal
Maar soos ‘n ware dief
Was jy my nie lief
Het jy saggies in my hart kom skuil
Elke keer as jy lag
Val ek al dieper in jou mag’
Het jy saggies in my hart kom skuil
Het jy vir my ‘n liefdesstrik gestel
Maar tog sal ek jou vir niks verruil
Ek is 100% onder jou spel
Het jy vir my n liefdesstrik gestel
En ek het halsoorkop vir dit geval
Ek is 100% onder jou spel
Want oor jou is ek mal
Maar soos ‘n ware dief
Was jy my nie lief
Subscribe to:
Comments (Atom)