Friday, August 12, 2016

AS EK KON

 

As ek kon sou ek die wereld vir jou gee 

Ek sou ‘n veer van n engel gaan pluk 

As dit sou help om jou hart te betree

 As dit aan jou hartsnare sou kon ruk 

Ek sou die veer van n engel gaan pluk 

As dit my sou help om jou beter te ken 

As dit aan jou hartsnare sou ruk 

As ek die kans het om jou hart te wen 

As dit my sou help om jou beter te ken 

Sal ek jou alles van myself vertel

 As ek die kans het om jou hart te wen 

Stap ek kaalvoet deur die hel

 Sal ek jou alles van myself vertel

 As dit sou help om jou hart te wen 

Stap ek kaalvoet deur die hel 

Sal ek jou verewig van my liefde vertel

No comments:

Post a Comment