Friday, August 12, 2016

DIE GROENDEUR



Agter die groendeur 
Skuil die hartseer van die verlede 
Skuil die trane wat nooit gestort is nie 
Skuil die liefde wat nooit beantwoord is nie 
Vandag maak ek die deur oop 
Soos Pandora se boks van oud 
 Sodat alles kan uitvlieg 
Die hartseer oor jou hand nie meer in myne is nie 
En die verwerping deur al my vriende 
En die verlies aan al my geliefdes 
Want ek maak plek vir n nuwe begin ‘n kamer vol sonskyn 
 ‘n kamer vol liefde ‘n kamer ontvou deur geluk
 Want die verlede is weg
 En die toekoms hou nuwe dinge vir my in

No comments:

Post a Comment